Hospitaal gedagvaar vir amputasie van vrou se ringvinger

Deel hierdie storie / Share this story

’n Pretoria-Oos-hospitaal word deur ’n hofgeding van R2 miljoen in die gesig gestaar deur ’n vrou wie se vinger geamputeer is nadat dit deur rowers, wat probeer het om haar trouring te verwyder, gebyt is.

Die pasiënt, wat slegs as AW Malan in ‘n Gautengse hooggeregshofuitspraak geïdentifiseer is, het beweer dat die mediese personeel en dokters wa haar wonde versorg het, nalatig was deur haar nie voldoende vir die byt te behandel nie.

Die wond het later septies geword en haar ringvinger moes maande later geamputeer word.

Volgens Malan het sy duidelik vir die personeel wat na haar by die noodeenheid van die Kloof-hospitaal omgesien het gesê sy het ‘n menslike byt aan haar vinger opgedoen.

Sy het die eis teen Dr. du Toit Ingelyf, die mediese firma wat haar daardie dag behandel het, ingestel vir onregmatige en nalatige verbreking van regsplig.

Die verweerder het egter gesê hulle was professioneel in hul omgang met Malan en het al haar wonde, insluitend haar vinger, behandel.

Die mediese personeel wat haar bygestaan ​​het, het aan die hof gesê Malan het nooit vir hulle gesê sy is gebyt nie. Volgens hulle het sy genoem dat sy gekaap is en ’n rower haar vinger getrek het. Hulle het gesê sy het nooit ‘n byt genoem nie.

Regter H Kooverjie het egter bevind dat Malan op ‘n oorwig van waarskynlikhede wel vir die mediese personeel gesê het sy is deur ‘n rower gebyt.

Nadat hy na ‘n magdom deskundige getuienis geluister het, het die regter tot die gevolgtrekking gekom dat daar ook ‘n verband was tussen die behandeling wat die eiser in die noodkamer ontvang het en die feit dat haar vinger later geamputeer moes word.

Die regter het gelas dat die verweerder aanspreeklik is vir die skade wat Malan kan bewys sy gely het.

Bronne: IOL, MSN, Pressreader

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Eskom-werknemers in Mpumalanga gaan aanhou staak