Die tweede geval van aappokke is Dinsdag in Suid-Afrika aangemeld. Die geïnfekteerde persoon is ‘n 32-jarige man van die Wes-Kaap.
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) het Dinsdagaand bevestig die tweede geval van aappokke is in Suid-Afrika aangemeld.
Die 32-jarige man het nie onlangs gereis nie.
Die NIOS sê hy is besig met die opsporing van die persone wat met die geïnfekteerde in kontak was om hulle ook vir die siekte te toets.
Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, het Suid-Afrikaners vroeër gerusgestel en gesê aappokke is nie ‘n ernstige siekte nie en dat dié virus nie so vinnig soos verkoue of Covid-19 versprei nie.
Simptome van aappokke sluit hoofpyn en koors in.
“Aappokke is gewoonlik ‘n baie ligte siekte,” het dr. Phaahla gesê. “Die siekte kom voor in die vorm van blasies op die vel en die sterftesyfer is baie laag.”
Die NICD sê aappokke versprei deur middel van nabye kontak tussen pesone soos met soene, drukkies, of wanneer persone raak aan die geïnfekteerde dele van ‘n ander se lyf.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



