Die polisie is op soek na die moordenaars van ‘n jong vrou wie se liggaam Maandagoggend in Delft in ‘n dam in ‘n oop veld gevind is. Die vrou moet nog geïdentifiseer word.
Die grusame ontdekking is deur werkers van die Expanded Public Works Program (EPWP) en die buurtwag, insluitend ‘n man wat net ná 11:00 koper verbrand het, gemaak.
Die werkers was glo besig om die dam skoon te maak toe hulle die gru-ontdekking gemaak het.
FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die ongeïdentifiseerde vroueliggaam in ‘n sak gevind is. Die vrou was vermoedelik in haar vroeë twintigs.
Bronne: MSN, IOL, Play MTN
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Durbanse boer vind liggaam met koeëlwonde in suikerrietplantasie



