Durbanse boer vind liggaam met koeëlwonde in suikerrietplantasie

Deel hierdie storie / Share this story

’n Boer van Durban het Maandagoggend ’n grusame ontdekking in ’n suikerrietplantasie op Inanda gemaak.

Volgens Prem Balram van Reaction Unit SA het die boer die liggaam van ‘n ongeïdentifiseerde man met ‘n skietwond in die kop ontdek.

“Hy het ons ontbied en ons het omstreeks 07:00 op die toneel aangekom. Nadat die slagoffer, wat op sy maag gelê het, ondersoek het, is gevind hy toon geen tekens van lewe nie en is hy dood verklaar.”

Balram sê die slagoffer het ‘n skietwond in die kop en regterarm opgedoen. “Die motief vir die moord is nie vasgestel nie.”

Bronne: IOL, MSN, News365

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Soektog na vermiste Khayalethu Magadla aan Joburg Water oorgegee