Vlieëniers wat in Kinkelbos-ongeluk dood is geïdentifiseer

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie het die name bekend gemaak van die twee vlieëniers wat dood is toe hul Sling 2-vliegtuig op ‘n plaas in Kinkelbos neergestort het.

Polisiewoordvoerder, kolonel Priscilla Naidu, sê die 33-jarige Oyit Ajack van Soedan en die 25-jarige Bhadresh Kadiwar van Malawië, het Saterdagaand die Dawid Stuurman-lughawe verlaat om na Oos-Londen te vlieg.

Sy sê die vlieëniers het besluit om die vliegtuig by Kenton on Sea om te draai om terug te keer na Gqeberha.

Sy sê kommunikasie met die vliegtuig was om 20:07 verlore en teen 22:00 is ‘n soekspan gemobiliseer. Albei vlieëniers is op die toneel dood verklaar.

Die ongeluk sal deur burgerlugvaartowerhede ondersoek word.

Bronne: Algoa FM, Daily Sun

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Twee vlieëniers dood in vliegtuigongeluk op Oos-Kaapse plaas