Woede ná Amerika se aborsie-uitspraak

Deel hierdie storie / Share this story

Die hoogste hof in Amerika het Vrydag beslis dat vroue voortaan geen grondwetlike reg op aborsie het nie. Aborsies is nou in 13 Amerikaanse state verbode.

Die hof het met ‘n meerderheid van ses regters teenoor drie besluit dat aborsie nie ‘n reg is nie. Dit het ‘n wet van Mississippi gehandhaaf wat aborsies na 15 weke van swangerskap verbied.

Die uitspraak van die Roe vs. Wade-saak van 1973 het aborsie tot grondwetlike reg verhef en dié uitspraak is dus Vrydag, na amper 50 jaar, tersyde gestel.

Die regters se argument was dat ‘n reg op aborsie nie uit die VSA se grondwet af te lei is nie en dat dit ook nie in die reg op vryheid ingesluit is nie.

Sedert die uitspraak Vrydag is talle uitnodigings vir vroue wat ‘n aborsie wil ondergaan op sosiale media geplaas.

“As jy ooit ‘n aborsie wil kry, kom na ons toe. Ons het ‘n ekstra spaarkamer en bly naby ‘n kliniek. Jy sal veilig wees by ons,” is die algehele boodskap van dié tipe plasings.

Groot maatskappye soos Disney, JP Morgan en Facebook/Meta, het ook aan hulle personeel gesê hulle sal hul reiskostes vir aborsies dek, aangesien miljoene Amerikaanse vroue nou na ander plekke sal moet reis om toegang te kry tot enige aborsiegeriewe.

Voel jy daar is omstandighede wat aborsie regverdig?

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.