KYK: Polisieminister in trane toe hy skare by taverne toespreek

Deel hierdie storie / Share this story

Polisieminister Bheki Cele was gister in trane toe hy die skare buite die taverne in die Oos-Kaap toegespreek het.

Altesaam 21 tieners is die naweek by ‘n taverne in die Oos-Kaap onder raaiselagtige omstandighede dood.

Kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, het aan FiND iT bevestig die polisie ondersoek die saak ná hulle Sondagoggend omstreeks 04:00 ‘n oproep ontvang het oor die dood van tieners by die Enyobeni Tavern.

“Nege van die oorledenes is vroulik, en twaalf is manlik,” sê kol. Mathe. “Die polisieminister, Bheki Cele, was Sondagmiddag op die toneel en hy het met plaaslike inwoners en van die oorledenes se ouers gepraat.”

Die nasionale polisiekommissaris, genl. Fannie Masemola, misdaadtoneelkenners en van die polisie se bomtegnici was saam met Cele op die toneel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.