‘n Motor het verkeer in Polokwane tot stilstand gebring toe hy van die eerste vloer tot op die grondvloer van ‘n Shoprite-parkeersentrum geval het.
Die Polokwane-munisipaliteit het motoriste Vrydagmiddag gewaarsku om dié gebied te vermy en alternatiewe roetes te gebruik.
Die straat was tydelik afgesper.
“Volgens die inligting wat deur beamptes op die toneel gegee is, was daar net een persoon in die motor. Ons verkeersbeampte op die toneel het bevestig hy is beseer.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



