Peet Smith, Griekwa-legende: ‘n terugblik op wedstryddag

Deel hierdie storie / Share this story

In die 1970- Curriebeker finaal teen Noord-Tranvaal het Peet Smith die wenskop, ‘n strafskop, vir die Griekwas oorgeskop. Hy het ongeveer 10 jaar vir die Griekwas gespeel.

Dié legende, wat saam met manne soos Mannetjies Roux gespeel het, word Dinsdag 28 Junie, 79 jaar oud. Peet se agtergrond is bankwese, hy was bankbestuurder by Wesbank en voor dit by TrustBank.

Hy en sy broer Tos Smith het in dieselfde span gespeel. Volgens Peet se dogter, René van Zyl, is Peet en sy broer beste vriende. “Hulle het saam rugby gespeel, hulle bly in dieselfde meenthuiskompleks en het nog tot onlangs toe saam gegym. Hulle stap nou in die oggende saam. So hulle het ‘n baie mooi verhouding.”

Peet se middelste dogter, René van Zyl (53 jaar oud) Foto: René van Zyl.

Peet het vier kinders, drie dogters en ‘n seun wat tans in Amerika woon. René vertel dat hulle een van die hegste families is. “Ons is so dankbaar vir die opvoeding en waardes wat ons ouers vir ons geleer het. My pa is enige kind se droompa. As ek oor my ouers praat, loop my trane. Jesus is so goed vir ons en ons is so dankbaar.”

Peet is nou saam met Mannetjies Roux om vandag se spelers se truie vir hulle te oorhandig. René vertel hulle is reeds in die Presidentslosie en gereed vir vanmiddag se wedstryd!

Van links na regs: Peet Smith Tos Smith Mannetjies Roux Dennys Vorster Braam Fourie en Gerrie Sceepers agter. Fotobron: René van Zyl.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.