Die spanne van Beefmaster en Malu Pork is hard aan die werk om die laaste reëlings in plek te kry vir die eerste FLAVOUR-fees wat Saterdag 2 Julie op Bella Cardi gehou gaan word.

Kyk gerus die video waar Alwina van Zyl en André Young julle meer vertel hiervan en ‘n voorsmakie gee van wat verwag kan word.
Dis ‘n dag vir die hele gesin en kaartjies sluit kosdemonstrasies deur Pete Goffe-Wood, optredes deur Reën en Jan Rhaap, asook die proe van ‘n verskeidenheid van drankies en kos in.
Kinder-kaartjies sluit roomys, spookasem, springmielies, koeldrank en kos in asook al die vermaak vir die dag.
Moet dit beslis nie misloop nie.
Boek nou jou kaartjies op www.ibeef.co.za. Die fees is beslis ‘n eerste vir Kimberley.



