Pumas wen Curriebeker vir die eerste keer in die geskiedenis

Deel hierdie storie / Share this story

In ’n taai titaniese stryd was Windhoek Draft Griquas met rustyd 18-9 agter. Die Airlink Pumas het hulle harte uitgespeel en druk twee drieë, deur heelagter, Devon Williams, en die tweede een deur haker, Eduan Swart.

Die eerste verdoel deur Eddie Fouche, wat ook twee strafskoppe geskop het, het die puntetelling verder opgestoot. Intussen het die Griquas-punte uit die stewel van George Whitehead gekom met drie strafskoppe.

Die stadion was stampvol toeskouers, met 13 000 mense deur die hekke.

Die beter span was egter die oorwinnaars. Die Pumas het drie drieë teen Griquas se een, deur Munier Hartzenberg, gedruk en die buit geneem met 26-19.

Die Carling Currie Cup sal nou trots by die Pumas uitgestal word.

Skrywer: Dave Alexander