Dit lyk asof die Damdoryn Spar in Hartbeespoort die geleentheid vir kliënte bied om self slaggate in hul strate reg te maak.
In ‘n foto wat wyd op sosiale media versprei word, lê ‘n hopie sakke met teer in die middel van die winkel. “GATVOL,” lui die bordjie. “Asphalt – Teer. When you are gatvol of waiting for someone else to fix the potholes on your street.”

Wat dink jy van dié plan?



