Theuns du Toit, die student van die Universiteit Stellenbosch wat op ʼn mede-student se lessenaar geürineer het, se tugverhoor by dié universiteit het vandeesweek plaasgevind.
Du Toit sê sy optrede was nie ras-gemotiveerd nie.
Sy prokureur, William Fullard, sê aan Overvaal Stereo hulle ontken nie dat dit hy in die video is of dat hy geürineer het nie.
Wat hulle wel ontken, is dat hy weens ras op die mede-student se lessenaar geürineer het.
Die tugverhoor is Donderdag afgehandel en die universiteit se sentrale dissiplinêre komitee het uitspraak voorbehou.
FiND iT het vroeër berig die vermeende benadeelde US-student, Babalo Ndwaya, en die instelling se direkteur van studentesake, dr. Choice Makhetha, het ‘n onderhoud op Newzroom Afrika toegestaan.
Die vermeende benadeelde student se pa het bevestig dat hy ‘n kriminele klagte teen die betrokke student gelê het.
Kyk die onderhoud hier:
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



