Munisipale werkers met gesnyde kabels gevang

‘n Saak van diefstal is teen die werkers geopen.

Drie munisipale werkenemers is Woensdag by ‘n plaaslike skrootwerf gearresteer nadat hulle gevang is met afgesnyde kabels ter waarde van net meer as 11 kg.

Volgens Thoko Riet, woordvoerder van die munisipaliteit, is die kabels munisipale kabels.

“In hierdie stadium kan ons nog nie geldelike waarde daaraan heg nie. Ons veroordeel die optrede deur hierdie amptenare, ons sal die volle mag van die wet toelaat om sy gang te gaan en die nodige interne dissiplinêre stappe sal teen hulle geneem word.”

‘n Saak van diefstal is teen die werkers geopen.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.