Visserman vang ‘die wêreld se grootste’ varswatervis in Kambodja

Die reusagtige pylstert, wat vier meter (13 voet) van snoet tot stert gemeet het, is verlede week gevang en weer in die natuur vrygelaat.

Visserman vang 'die wêreld se grootste' varswatervis in Kambodja

Visserman vang 'die wêreld se grootste' varswatervis in Kambodja foto: MSN

‘n Visserman op die Mekong-rivier in Kambodja het die grootste varswatervis wat nog ooit aangeteken is, ‘n 300-kilogram pylstert, gehaak, het wetenskaplikes gesê.

Die reusagtige pylstert (stingray), wat vier meter (13 voet) van snoet tot stert gemeet het, is verlede week gevang en weer in die natuur vrygelaat nadat dit met ‘n merker toegerus is om sy gedrag na te spoor.

Die pylstert, wat in die Stung Treng-provinsie in die noorde van Kambodja gevang is, was meer as twee keer die gewig van ‘n gemiddelde laaglandgorilla, het kenners gesê.

Die monsteragtige bodembewoner het die vorige rekord geklop vir die grootste aangetekende varswatervis, wat gehou is deur ‘n 293 kg (646 pond) Mekong- reuse baber wat in 2005 in Thailand gevang is, het die VSA-befondsde Wonders of the Mekong-navorsingsprojek gesê.

Bronne; MSN, Daily Sun

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Eskom waarsku teen hoër beurtkragvlakke

Leave a Reply

Your email address will not be published.