Eskom waarsku teen hoër beurtkragvlakke

Eskom het vroeër Woensdag ‘n opdatering gegee oor die huidige stelseluitdagings.

Eskom waarsku teen hoër beurtkragvlakke

Eskom waarsku teen hoër beurtkragvlakke foto: MSN

Hoër beurtkragvlakke kan geïmplementeer word as probleme met opwekkingskapasiteit voortduur.

Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom, sê die kragvoorsiener probeer diesel bespaar en ‘n algehele stroomonderbreking voorkom.

Die land is tans op vlak 2.

Eskom het vroeër Woensdag ‘n opdatering gegee oor die huidige stelseluitdagings.

“Ongelukkig is ons op ‘n punt waar ons beide die pompopgaardamvlakke en lae dieselvlakke moet bewaar en opwekkingshulpbronne moet gebruik om beurtkrag na ‘n Fase 2 oor die aandspitstyd te beperk,” het Oberholzer gesê.

“Sou ons egter voortgaan om onderbrekings in die vloot van die steenkoolvuurkragstasies te ervaar, kan dit ongelukkig eskaleer tot ‘n Fase 3 of selfs hoër. Dit is wat ons probeer vermy, daarom moes ons Fase 2 implementeer,” het hy bygevoeg.

Bronne: MSN, Jacaranda FM

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Eskom sê groot waarskynlikheid van kragonderbrekings hierdie week

Leave a Reply

Your email address will not be published.