Hoogs aansteeklike virus onder katte

Verlede maand is talle honde dood aan katgriep, wat ook deur ‘n parvovirus veroorsaak word.

‘n Hoogs aansteeklike virussiekte, veroorsaak deur ‘n parvovirus, wat in die Kaapse Skiereiland kop uitgesteek het, wek groot kommer.

Katte met die siekte kan glo binne 24 uur doodgaan, berig Netwerk 24.

ʼn Veearts van die Kaapstadse dierewelsynsorganisasie Tears, dr. Tania Heuer, sê dit is uiters belangrik dat katte teen die virus ingeënt word.

Sy sê sonder inenting is die kanse tot 90% dat jou kat aan hierdie virussiekte kan doodgaan.

Volgens Heuer moet die siekte so gou as moontlik bekamp word om ‘n uitbreking in die Wes-Kaap te voorkom.

Verlede maand is talle honde dood aan katgriep, wat ook deur ‘n parvovirus veroorsaak word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published.