Sandra Bullock ‘uitgebrand’, neem ‘n breuk van toneelspeel

Sy is bekommerd oor die implikasies wat sukses op haar persoonlike lewe het.

(Foto: Geo.tv)

(Foto: Geo.tv)

Sandra Bullock sê sy is “uitgebrand” en dat sy “nie meer in staat is om gesonde besluite te neem nie”. Die aktrise het daarom besluit sy gaan vir eers ‘n breuk van toneelspeel neem.

Die 57-jarige filmster, wat in haar loopbaan van 30 jaar in byna 50 flieks verskyn het, sê sy beplan om ‘n ligter skedule in die toekoms aan te pak.

Die aktrise het in ‘n vorige onderhoud in Maart genoem sy gaan tydelik ‘n breuk neem. In die nuwe onderhoud sê Bullock dat sy daarna uitsien om haar eie pas te volg. “Ek is so uitgebrand. Ek is so moeg. En ek is nie in staat om gesonde, slim besluite te neem nie en ek weet dit,” sê sy.

Sy het ook genoem alhoewel sy dankbaar is vir die sukses wt sy behaal het, sy bekommerd is oor die implikasies wat dit op haar persoonlike lewe het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published.