Carl Wannenburg, pa van die ontslape Springbok- en Bulle-losvoorspeler Pedrie (41), het Dinsdag op Loftus gekuier en ‘n “trip down memory lane” in sy seun se loopbaan gestap.

Pedrie is op 22 April in ‘n motorongeluk oorlede nadat ‘n tienerbestuurder sy motor getref het. Die tiener het van die polisie buite Houston probeer vlug.
Pedrie se familie is steeds in die VSA by sy vrou, Evette, en twee kinders wat ook in die motor was ten tyde van die ongeluk.

Pedrie word beskou as ‘n ware Vodacom Bulls-legende wat deel was van al drie spanne wat Super Rugby-titels gewen het.
Sy eerste wedstryd op Loftus was vir die SWD o13 Cravenweekspan.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



