‘Hy oortuig jou dat dit jou skuld was’

Deel hierdie storie / Share this story

Nicoleen Swart het vandeesweek met Izak du Plessis op Nuuspod gepraat oor haar lewe saam met Jaco Swart.

Sy vertel die eerste keer toe Jaco haar geslaan het, het hy haar met ‘n vuis in die rug geslaan.

“Daar was jare tussen-in wat goed was en dan wag ek maar vir die goeie tye,” vertel Nicoleen.

Du Plessis vra Nicoleen prontuit hoekom bly vroue by so ‘n man en voor jy jou kom kry, is 10 jaar verby.

“Dis ‘n moeilike vraag om te beantwoord, as jy nie self in so ‘n situasie is nie gaan jy dit nie verstaan nie.” Sy vertel hoe hy haar gemanipuleer het en haar laat glo het sy het die “straf” verdien. “Jy glo dit. Ek weet nie hoekom nie, maar jy glo dit.” Sy vertel ‘n verhaal van beheer wat oorgegee is. “Ekself wonder partykeer hoekom ek gebly het. Ek onthou al die goed wat hy gesê het en hy was so oortuigend.”

Swart is R20 000 boete opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die aanranding van sy vrou, Nicoleen.

Kyk die volledige onderhoud hier: