(Foto: The South African)
Alhoewel die vyfjarige Marno Muller steeds nie self kan eet of sluk nie, bly dokters, sy familie en ondersteuners dankbaar vir die vordering wat hy toon.
Marno is steeds in die intensiewesorgeenheid na hy aan sy kappietop se toutjies in ‘n fratsongeluk op ‘n glyplank by die kleuterskool gewurg het.
Helga Muller, Marno se ma, het volgens die Hemelse Pêrels NPC gister ‘n bietjie vir hom kleure gewys en hom daarmee gehelp.
“Marno sit nog nie en sprake van self loop is daar ook nie nou nie. Verskeie terapeute wil Marno se ouers Maandagmiddag sien om die pad vorentoe te bespreek.”



