Seun (8) sterf toe hy tussen wasmasjien en tuimeldroër vassit

‘n Familielid het probeer om hom “wakker te maak”, maar toe die paramedici op die toneel aankom, was hy steeds bewusteloos.

(Foto: Salvation Army)

(Foto: Salvation Army)

‘n Agtjarige seuntjie is op 10 Junie dood na hy tydens die speletjie wegkruipertjie tussen ‘n wasmasjien en ‘n tuimeldroër vasgesit het.

Today Show berig Wrangler Hendrix van Texas het vir ‘n geruime tyd tussen die wasmasjien en die tuimeldroër vasgesit toe hy wegkruipertjie gespeel het.

‘n Familielid het probeer om hom “wakker te maak”, maar toe die paramedici op die toneel aankom, was hy steeds bewusteloos.

Hendrix het glo by familie in Georgia gekuier.

Daar is na die insident met hom na die hospitaal gejaag, maar na dokters vir ‘n uur gespook het om hom by te kry, is hy dood verklaar.

Wetstoepassers sê Hendrix is aan ‘n soort verstikking (asphyxiation) dood. Hy kon in die posisie waarin hy was, nie asem kry nie.

‘n Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van sy dood bevestig.

Leave a Reply

Your email address will not be published.