‘n Eerstejaarstudent aan Maties is skielik in die middel van ‘n hokkie-oefening oorlede.
Jessica Matthews, wat in Somerset-Wes gewoon en by Rhenish Girls High skoolgegaan het, se skielike dood het haar vriende, familie en mede-studente erg geskok.
Matthews was een van Universiteit Stellenbosch se hokkiedoelwagters. Sy het tydens ‘n oefenwedstryd net inmekaargesak.
Die universiteit sê in ‘n verklaring Matthews sal onthou word as ‘n speler wat “altyd daarna gestreef het om meer op die veld te leer”. “Haar toewyding en vriendelike persoonlikheid sal baie gemis word. Die klub het nie net ‘n atleet verloor nie, maar ook ‘n goedhartige mens,” sê Anché Nortje, Maties Sport se waarnemende sportbestuurder vir hokkie. “Ons gedagtes en gebede gaan uit na haar familie en vriende.”
Playhouse Theatre Somerset West, waar Matthews ook gereeld opgetree het, het ook hul medelye uitgespreek.
Die teater sê Matthews het in 2014 vir die eerste keer in die toneelstuk Annie verskyn en dat sy daarna in vele stukke opgetree het. In 2021/2022 het sy in The Little Mermaid gespeel.
“Sy was baie lief vir haar tye by die teater en sal onthou word vir haar pragtige stem, haar giggel, haar ondersteuning vir ander, die balans wat sy tussen akademie en topklas-hokkie gehad het, en omdat sy so ‘n goeie vriend was.”
Anna-Marie Voges skryf: “Jess! Soooo hartseer vir almal wat agterbly! Sal altyd jou pa onthou wat support langs die hokkieveld! Hy IS so trots op jou! Dink aan al jou geliefdes!!!!”
Desiree Heiman skryf: “Heartbreaking 💔 Our heartfelt condolences to Natalie, Paul and Victoria. Our thoughts and prayers are with you. 💔💔💔
Elmarie Venter skryf: “Ai dit is verskriklik tragies. Ons innige simpatie aan haar familie en almal wat haar geken het. Sy klink baie spesiaal.”



