“As ek hul nie kan kry, sal jy ook nie” – pa vermoor glo kinders

Hy het glo aan die beamptes gesê dat hy verantwoordelik is vir die dood van sy kinders en dat hy probeer het om homself om die lewe te bring voordat hy uit sy huis gevlug het.

‘n Man wat daarvan beskuldig word dat hy sy drie kinders vermoor het, het ‘n briefie vir sy vervreemde vrou gelos waarin gesê is:

“As ek hulle nie kan hê nie, kan jy ook nie”.

Volgens Debra Karels was sy en haar man besig om te skei toe hy na bewering hul drie kinders verdrink het.

Jason Karels (35) van Round Lake Beach in die Amerikaanse deelstaat Illinois, word daarvan verdink dat hy die vyfjarige Bryant , die driejarige Cassidy en die tweejarige Gideon verdrink het.

Die nota is deur polisiebeamptes in Karels se huis gevind.

Volgens ‘n berig deur NBC het die kinders die naweek by hul pa deurgebring toe hy hulle na bewering in die bad verdrink het voordat hy hul liggame net so op ‘n bed gelos het.

Hulle is deur hul ma gevind toe sy hulle wou gaan haal het.

“Drie pragtige klein siele wat weggevat is wat dit nie verdien het nie,” het Debra gesê

“Ek wens ek was daardie dag daar vir hulle. Ek wens ek was daar om hulle te gryp voordat dit alles gebeur het. Die belangrikste ding vir my is die kinders en hy het dit van my weggeneem.

“Hy het dit geweet en geweet dat niks vir my saak maak nie, behalwe daardie kinders.”

Karels is Maandag in hegtenis geneem nadat hy in ‘n ongeluk was toe hy probeer het om vir die polisie weg te jaag.

Hy het glo aan die beamptes gesê dat hy verantwoordelik is vir die dood van sy kinders en dat hy probeer het om homself om die lewe te bring voordat hy uit sy huis gevlug het.

Sy bloed is later in die huis gevind.

Karels is tans in aanhouding en sal weer op 13 Julie in die hof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published.