Camille verdedig Johnny wéér in volgende hofsaak

Die prokureur wat nou wêreldwyd bekend is na haar werk in die saak tussen Johnny Depp en Amber Heard, sal nou weer vir Depp verdedig in die nuutste hofsaak teen die 59-jarige akteur.

Camille Vasquez sal saam met Randall Smith werk in die aanrandingsaak wat Gregg “Rocky” Brooks teen Depp gemaak het.

Brooks beweer Depp het hom twee keer in sy ribbes geslaan.

Die voorval het in April 2017 plaasgevind.

Hy beweer ook dat Johnny “onder die invloed” was toe die fliek City of Lies verfilm is en sê dat sy humeur ‘n “onveilige, toksiese werksomgewing” veroorsaak het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published.