Hulp vir Lamaine du Plessis

Deel hierdie storie / Share this story

Jong Lamaine is gebore op 11 Oktober 2011 in Trichardt, Mpumalanga. Sy is tans in gr. 4 in Laerskool Kruinpark.

Sy het ‘n oogtoestand genaamd lui-oog (amblyopia). Dít beteken sy het verminderde sig as gevolg van abnormale visuele ontwikkeling. Dit gebeur wanneer senuweepunte tussen die brein en die oog nie behoorlik gestimuleer word nie, dan verkies die brein die ander oog. Dit kom gewoonlik in die vroeë kinderjare voor.

Lamaine du Plessis

Haar ma, Bronwyn, het nie ‘n mediese fonds nie en talle staatshospitale het nie spasie om die operasie te doen nie. Dié hospitale het Lamaine van die hand gewys. Haar bril se voorskrif moet ook elke jaar versterk word, maar nie lank daarna nie en sy het weer komplikasies.

Hierdie operasie moet so gou as moontlik gedoen word om die risiko’s te verminder. “Ons het hulp nodig. As jy jou hart kan oopmaak om my dogter te ondersteun sal dit die wêreld vir ons beteken,” pleit haar ma. “Dit is nie maklik vir my as haar ma om al die probleme wat sy het, te ken nie, nie net op skool nie, by die huis, en dit raak haar emosioneel.”

Lamaine en haar ma, Bronwyn.

Lamiane was by ‘n spesialis en hy het gesê hy wil haar graag help, hy wil haar by sy praktyk in Centurion ondersoek en dan die operasie finaliseer. “Ek wil julle vra om my te help, om te skenk, enige bydrae sal baie waardeer word.”

Bronwyn sê ook sy wil elkeen bedank vir alles wat hulle vir haar dogter doen. “Julle is haar engele wat van bo af gestuur is.”

Volg die volgende skakels om ‘n bydrae te lewer en op hoogte te bly van Lamaine se vordering:

https://www.backabuddy.co.za/lamaine-du-plessis-2022

https://www.facebook.com/100010507713462/posts/1694276737599234/?flite=scwspnss

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.