Plaasvoorman wreed op Daniëlskuil vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Plaasvoorman van ‘n plaas op Daniëlskuil is Maandagaand wreed vermoor toe hy na die plaas toe is om die plaaseienaar te help.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, sê die verdagte het ‘n motor by ‘n petrolstasie op Daniëlskuil gesteel, die motor iewers verlate gelos en toe na die kleinhoewe net buite Daniëlskuil gegaan.

“Die verdagte het probeer om toegang tot die huis te kry, en het toe ‘n venster in die kombuis gebreek om by die huis in te kom. Hy kon egter steeds nie by die huis inkom nie, as gevolg van die diefwering.”

Die eienaar van die huis was binne-in die huis en het die plaas se voorman gebel om te kom help. Daar het die verdagte die plaasvoorman glo aangeval en met ‘n panga geslaan. Die plaasvoorman is oorlede.

Die 33-jarige verdagte sal volgens kapt. Tawana nou in die hof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.