Seun wat tydens pretrit val, was 26 kg te swaar

Deel hierdie storie / Share this story

Die 17-jarige seun wat vroeër vanjaar na sy dood geval het tydens ‘n pretrit by ‘n pretpark in Florida, was ongeveer 26 kg swaarder as die gewig wat op die rit toegelaat word.

CNN berig Tyre Sampson is op 24 Maart vanjaar dood toe hy en sy gesin die ICON-park in Florida besoek het.

Hy het op die Orlando FreeFall-rit gery toe hy uit die sitplek uitgeval het.

Die nadoodse ondersoek dui daarop dat Tyre dood is van verskeie beserings en beenbreuke.

Die rit is ná Tyre se dood toegemaak en sal vir nog ‘n onbeperkte tyd toe wees. Die park het Maandag in ‘n verklaring gesê Tyre se dood is ‘n “tragiese ongeluk” en dat hulle met Tyre se gesin kommunikeer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.