Polisie sê beendere is van vermiste seun

Deel hierdie storie / Share this story

Beendere wat vanjaar in Januarie gevind is, is positief geïdentifiseer as dié van die 8-jarige Tlotso Mogomotsi Moilwe wat in Desember verlede jaar as vermis aangemeld is.

Die polisie sê ‘n verdagte sal nou vir die ontvoering en moord op Moilwe in die hof verskyn.

“DNA-toetse het nou die beendere positief geïdentifiseer as dié van die vermiste seun.”

Goitsemodimo Bridgette Bojosi (28) is op 6 Januarie vanjaar vir ontvoering in hegtenis geneem. ‘n Klag van moord sal ook teen haar gemaak word. Sy bly in aanhouding.