Die liggaam van ‘n babadogtertjie is Maandagmiddag in ‘n asblik op Potchefstroom gevind.
Volgens Ruan Cato, bestuuder van Mooirivier-beskermingsmaatskappy se mediese reaksie-eenheid, is hul omstreeks 13:00 na die toneel ontbied nadat ‘n persoon wat blikkies bymekaargemaak het op die baba se liggaam in Albert Luthulistraat afgekom het.
Die baba was reeds oorlede.
Dit is die tweede pasgebore baba bine drie dae wat op Potchefstroom gevind is. Die liggaam van ‘n babaseun is Saterdagaand in ‘n asdrom langs die Gluckman-pad op Potchefstroom gevind.
Die SAPD ondersoek beide gevalle.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



