‘n Paar uur voor die 19-jarige TikTokker Cooper Noriega dood in sy motor in ‘n parkeerarea gevind is, het hy op TikTok ‘n video gedeel en gevra: “Wie dink ook hulle gaan jonk doodgaan?”
Die tiener, wat gereeld video’s oor styl, komedie en skaatsplank-ry geplaas het, is Donderdag dood in sy motor in ‘n parkeerarea in Kalifornië gevind.
Volgens die plaaslike media is die oorsaak van Cooper Noriega se dood nog nie bekend nie.
Dae voor sy dood het hy in plasings op Instagram gepraat oor verslawing en geestesgesondheid. “Ek sukkel al vandat ek nege jaar oud is met verslawing. Jy dink dalk dis mal, maar dis die lewe wat ek gekry het.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



