‘n Vrou (24) van Indië het verlede week die land se eerste persoon geraak om met haarself te trou.
Kshama Bindu, van Vadodara, het die land verlede week aan die gons gehad toe sy aangekondig het dat sy op 11 Junie met haarself gaan trou.
Die aanvanklike datum vir die troue was Saterdag, maar sy het besluit om die troudatum te skuif en het op Woensdag getrou.
Kyk hier na beeldmateriaal wat Bindu van die troue gedeel het.
Bindu het aan plaaslike media gesê sy het ‘n priester bespreek om die troue te behartig, maar die priester het onttrek na die storie oor die voorgenome troue wyd versprei is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



