Die popsanger Justin Bieber het baie van sy aanhangers geskok in die onlangse video waarin hy bekendgemaak het dat die een helfte van sy gesig verlam is.
Die 28-jarige het die nuus bekendgemaak en terselfdertyd om verskoning gevra vir sy vertonings wat as deel van die Justice World Tour sou plaasvind.
In die video was dit duidelik dat Bieber nie in staat was om die een helfte van sy gesig te beweeg nie. Sy oog wou nie ordentlik knip nie en hy kon nie normaalweg glimlag nie.
Hy het ook intussen in ‘n opvolgplasing gesê dit raak vir hom moeiliker om te eet en dat dit “baie frustrerend” is. “Asseblief bid vir my.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



