‘Siener’ voorspel verkiesing en koningin se dood

Deel hierdie storie / Share this story

Gerald Burger, Suid-Afrika se bekendste ‘siener’ voorspel dat ‘n Briste koninklike, waarskynlik koningin Elizabeth, binnekort moontlik aan hartversaking kan sterf.

Hy sê al sy voorspellings word waar, dis net soms die tydsberekening wat uit is.

In ‘n onderhoud met Hanlie Retief van Rapport vertel Burger hy het sy eerste visoen op ses gehad waartydens hy sy pa se dood gesien het.

“Ek het heeltyd vir my ouma gesê Deddie is dood, ek sien hom hier verbykom op pad na die Here toe,” vertel hy aan Rapport.

Twee dae later is sy pa dood aan kanker.

Volgens Burger is hy nie ‘n fortuinverteller wat Lotto-nommers voorspel nie, maar ‘n “psigiese profeet”.

“Die Here openbaar aan my wat Hy wil openbaar. So ver het al my visioene waar geword.”

Burger het in 2020 in ‘n onderhoud met Rian van Heerden op Jacaranda FM vertel daar gaan in Februarie groot waterskade in stede kom en ‘n Britse koninklike gaan ook “val”.

Burger se pad na roem het begin nadat hy die Laingsburg-vloed in 1981 raak voorspel het.

Hy vertel dat niemand die koerantberigte oor sy voorspelling wou glo nie en dat dit tot vandag toe nog sy “hart breek.”

Ses jaar later het hy John Wiley, die gewese minister van omgewingsake en waterwese, se selfdood voorspel.

Volgens Burger gaan daar met die volgende verkiesing baie faksies wees. Dit kan ‘n koalisie tussen twee patye wees, die land gaan dalk nie net deur een party regeer word nie. “Die ANC se tyd begin uitloop,” sê Burger.

Sy boek, Die Siener: Deur die van Gerald Burger, het pas verskyn. Yolanda Barnard-Lemmer het dit geskryf.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.