Pa wat glo drie seuns met energiedrankies vergiftig, sterf

Deel hierdie storie / Share this story

Die pa van die drie Gauteng-boeties wat dood is na hulle glo energiedrankies by hom gekry het, is nou ook dood na hy in die hospitaal opgeneem is.

Kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, het pas aan FiND iT bevestig die 39-jarige pa, wat van sy seuns se moord aangekla is, in die hospitaal oorlede is.

Die pa is op 10 Junie oorlede.

Die Gautengse departement van onderwys het bevestig die seuns was 6, 13 en 16 jaar oud.

“Voorlopige ondersoek dui daarop dat die pa van die vier broers voor skool vir hulle die energiedrankies gegee het,” sê die departement. “Twee van die broers is by die skool dood, kort nadat hulle van maagpyn gekla het. Met die derde is na die hospitaal gejaag, maar hy is op pad na die hospitaal dood.”

Die broers het ook ‘n vyfde broer, wat volgens die departement nié van die energiedrankie gedrink het nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.