Marius Pretorius, die man wat op 25 Mei as vermis aangemeld is, is gevind.
Sy vrou, Suzette Smith, het die publiek laasweek gesmeek om hulp nadat daar nog geen teken van hom was nie.
Nadat Pretorius op die dag van sy verdwyning nie by die werk opgedaag het nie, het hul onraad vermoed en hom probeer bel, maar sy foon was af.
Volgens Suzette is hy laas gesien waar hy saam met ‘n man en twee vrouens by Menlyn Mall, waar hy in die sekuriteitsbedryf werk, in ‘n motor klim.
Hoe en waar hy gevind is, is onbekend.




