Reserwebank beplan nie nuwe geld nie

Deel hierdie storie / Share this story

Die Reserwebank het Suid-Afrikaners gewaarsku oor ‘n plasing op sosiale media waarin beweer word ‘n nuwe banknoot en muntstuk sal binnekort bekendgestel word.

“Ons stel u aan die eerste voorbeeld van ons moontlike nuwe R500-noot voor,” lees die plasing op Twitter. Die Reserwebank het die bewering van ‘n nuwe noot verwerp.

“Let daarop dat dit ‘n vals sosialemediarekening is en by Twitter gerapporteer is. Die SA Reserwebank is nie van plan om ‘n R10-muntstuk of ‘n R500-noot uit te reik nie,” lui die verklaring.

Die bank het verlede week aan BusinessTech gesê hy stel ondersoek in daarna of hy ‘n R10-muntstuk en ‘n R500-banknoot moet bekendstel.

“Die resultate van die jongste studie het aan die lig gebring dat SA nie gereed is vir ‘n R500-banknoot nie.” Die inbring van ‘n R500-noot sal slegs oorweeg word as die hoogste denominasie, R200 in ons geval, die mees gesirkuleerde banknoot is. Tans sirkuleer die R100-noot nog die meeste.

Die Reserwebank het gesê sy studie bevind daar is ‘n ekonomiese saak uit te maak vir ‘n R10-muntstuk, maar daar is geen aptyt van die publiek om die muntstuk in ontvangs te neem nie. Mense vrees dit sal die rand verder verswak en dui op ‘n mislukte staat.

Bronne: MSN, The Citizen

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook; Pediater se skorsing opgehef na hewige reaksie van mediese gemeenskap