Marno Muller, die vyfjarige seuntjie wat op 26 Mei op ‘n glyplank by sy kleuterskool in Brakpan aan sy baadjie se toutjie gewurg het, is wakker.
Marno het Maandag tekens van herstel begin toon nadat een van sy longe platgeval het. Hy was op 7 Junie nog op 100% sedasie en 50% suurstof.
“Marno is wakker. Die trane hou aan vloei vandag van dankbaarheid teenoor God en elke liewe persoon wat ingetree het in gebed, donasie en elke oproep. Ons stryd is ver van verby. Ons het nogsteeds soveel hulp nodig,” skryf die groep Hemelse Perels NC op hul Facebook-blad.
In die tydperk wat Marno in die hospitaal was, was daar angstige oomblikke waarin dokters geveg het om sy lewe.
Kyk hier na die video van Marno wat wakker is: https://fb.watch/dBBqdWs7Vy/

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



