Die een helfte van die popster, Justin Bieber, se gesig is verlam.
Bieber, wat glo ‘n virus opgedoen het, het die nuus op sy Instagram-blad gedeel en gesê dat hy nie sy linkeroog kan knip nie en ook nie kan glimlag nie.
Volgens Bieber is hy met Ramsay Hunt-sindroom gediagnoseer wat glo die senuwees in die gesig aantas.
As gevolg hiervan moes Bieber konserte kanselleer en doen hy gesigoefeninge om beter te raak. Hy het drie van sy optredes as deel van die Bieber’s Justice Tour gekanselleer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



