‘n 59-jarige skoolhoof is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n 21-jarige verkrag het.
Volgens brigadier Tembinkosi Kinan, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, is ‘n skoolhoof Vrydag 10 Junie 2022 in hegtenis geneem.
Die inhegtenisname volg nadat skoolkinders, die gemeenskap en ander belanghebbendes uitgevaar het teen die skool, omdat ’n 21-jarige skoolkind na bewering deur ’n 59-jarige man in die skool verkrag is.
Volgens berigte het die misdaad by verskillende geleenthede plaasgevind, maar is dit nie onmiddellik by die SAPD aangemeld nie, totdat skoolkinders teen die skool se beheerliggaam betoog het.
Die omstandighede rondom die voorval word tans deur die eenheid teen gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings ondersoek.
’n Saak van verkragting is aangemeld en die polisie het binne 24 uur ná die aanmelding die verdagte in hegtenis geneem.
Hy sal na verwagting Maandag 13 Junie 2022 in die Tababkulu-landdroshof verskyn.
Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Nomthetheleli Mene, het gesê: “Die verdagte moet nou sy dag in die hof hê om vir sy optrede rekenskap te gee.”



