Rian van Heerden is terug op die kassie as aanbieder van Wie word ‘n miljoenêr?
Die vasvraprogram wat deelnemers se algemene kennis toets, is vir ‘n tweede seisoen terug nadat die eerste seisoen ‘n reuse sukses was.
Van Heerden het Woensdag aangekondig dat hy Jacaranda FM, as ‘n radioaanbieder gaan verlaat. Hy sal op 30 Junie vir die laaste keer sy mikrofoon afsit.
Deelnemers wat aan hierdie vasvraprogram deelneem, staan ‘n kans om tot ‘n miljoen rand te we, alhoewel niemand nog tot die miljoen-rand vraag kon vorder nie.
Die sakejoernalis, Theunis Strydom, was tot dusver die deelnemer wat met die grootste bedrag geld van ‘n halfmiljoen weggestap het.
Is jy avontuurlustig en doen graag iets buite jou gemaksone? Geniet jy vasvraspeletjies? Of miskien kan jy net doen met ‘n miljoen? Skryf dan nou in vir die nuwe seisoen van Wie word ‘n miljoenêr?
Inskrywings sluit teen 22 Julie 2022.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



