Comair moontlik gelikwideer

Deel hierdie storie / Share this story

Comair se sakereddingspraktisyns het die hof genader om die lugdiens se sakeredding-aansoek na ‘n likwidasie-aansoek te verander.

‘n Groot leemte is in die lugreismark deur Comair, wat British Airways sowel as Kulula.com onder sy lisensie bestuur, gelaat sedert hy sy deure op 1 Junie 2022 gesluit het in die hoop om befondsers te lok.

Die praktisyns het alle krediteure in kennis gestel dat hulle nie meer glo daar is ‘n redelike vooruitsig dat die maatskappy gered kan word nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.