Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) waarsku dat ‘n reeks kouefrontstelsels vanaf Sondag verwag kan word.
Hierdie koue fronte sal na verwagting sterk winde, hoë golwe, swaar reënval, ligte sneeu en ‘n aansienlike daling in temperature tot gevolg hê.
“Die eerste kouefront sal na verwagting Sondagaand die Wes-Kaap bereik. Vir hierdie front word sterk noordwestelike winde tussen 50-60 km/h, rukwinde tot 70-80 km/h, vanaf Sondag oor die suidelike dele van die Noord-Kaap en die binneland van die Wes- en Oos-Kaap verwag.
‘n Weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdienste in Kaapstad, Lauren Smith, het aan die media gesê die weer gaan ook toestande op die land se paaie beïnvloed.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



