Die popster, Britney Spears, se eks-man, Jason Alexander, is in hegtenis geneem nadat hy glo ongenooid by haar en Sam Ashgari se troue opgedaag het.

Sy en Jason Alexander, haar vriend van kindsbeen af, was in Januarie 2004 vir 55 uur getroud nadat die huwelik wat in Las Vehas plaasgevind het, nietig verklaar is.
Volgens The Guardian het Alexander Donderdag by die troulokaal in Kaliforniië opgedaag waarna hy toe in hegtenis geneem is. Die polsie het glo ‘n oproep ontvang oor ‘n betreder by die troue.
Volgens Alexander het Spears hom glo na die troue genooi.
Spears en Ashgari, ‘n akteur en fiksheidsinstrukteur, het verlede jaar in September verloof geraak.
Dit is Spears se derde huwelik.
Sy is in 2004, tien maande na haar “huwelik” met Alexander, met Kevin Federline getroud. Hulle het twee seuns.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



