Die vyfjarige Lee-Virno van Wyk van Upington is nou al sedert 31 Mei vermis en steeds nie opgespoor nie.
Prudence Duiker, stigter van die Care for You Foundation, het aan FiND iT bevestig die soektog na die seuntjie duur voort en dat daar nog geen leidrade is nie.
Lee-Virno is op 31 Mei laas gesien toe hy omstreeks 12:30 saam met ‘n maatjie verdwyn het om te gaan speel. Hy het nooit teruggekeer huis toe nie.
Die Upingtonse gemeenskap soek sedertdien daagliks na die seuntjie en die polisie en vrywilligers is deel van die soektog in die bebosde area op Upington.
Duiker en haar span by die Care For You Foundation voorsien al die vrywilligers en persone betrokke by die soektog, van kos en iets te drinke.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



