Die KwaZulu-Natalse departement van gesondheid het volgehou dat die dood van een van die babas wat na bewering by die Prince Mshiyeni-gedenkhospitaal in Umlazi omgeruil is, niks met die bewerings te doen het nie.
Twee minderjarige ouers het glo by die hospitaal geboorte geskenk en hul babas is verkeerdelik by die babasaal omgeruil.
Personeel het glo DNS-monsters geneem en later vir een van die ouers wat reeds met “haar baba” huis toe gegaan het, gesê die baba wat in die hospitaal gesterf het, hare moet wees.
Luidens berigte is daar aan een van die ma’s van Umlazi gesê die baba wat by die hospitaal dood is, moet hare wees, al is geen DNS-toetse gedoen nie.
Een van die oumas, wie se naam nie genoem word nie om die identiteit van die minderjarige ouer te beskerm, het gesê hulle is gevra om die baba na vyf dae terug te gee omdat die hospitaal vermoed het hulle het die verkeerde baba.
Hlongwane het gesê hulle wil weet hoe die babas omgeruil is omdat die ouers in twee afsonderlike sale een uur uit mekaar geboorte gegee het.
Die departement het gesê die saak is ondersoek en dissiplinêre maatreëls teen geïmpliseerde personeellede geneem.
Dit word glo ook met die nodige sorg, sensitiwiteit en respek behandel, veral omdat beide betrokke ouers onder die ouderdom van 18 is.
Mdu Ncalane, woordvoerder van KZN-gesondheid, het gesê hoewel die departement deur die wet verbied word om vertroulike kliniese inligting in die openbaar bekend te maak, is die Prince Mshiyeni-hospitaalbestuur gereeld in kontak met die geaffekteerde families, en byderhand om enige onduidelikheid behoorlik aan te spreek.
“Ons kan ook daarop wys dat die hospitaal berading aan albei partye gebied het, maar dit is vertraag weens hul behoefte om op hul studies te fokus, aangesien hulle besig was met akademiese eksamens. Die resultate van die eerste DNS-toetse is met beide moeders en hul gesinne gekommunikeer. Op versoek van die ma van die oorlede baba het ons ’n tweede DNS-toets gedoen, waarvan die uitslag op 21 Junie 2022 beskikbaar moet wees,” het Mdu Ncalane gesê.
Bronne: The South African, MSN, The World News
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Verbyganger vind ontbinde liggaam in digte bos in KZN



