Kaapstad gereed om alle Covid-beperkings te laat vaar

Deel hierdie storie / Share this story

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê Suid-Afrika is nou op ‘n punt waar hy alle Covid-19-beperkings op die dra van maskers en beperkte getalle vir byeenkomste kan beëindig.

Winde het Dinsdag 7 Junie in ‘n media-inligtingsessie gesê hy het ‘n amptelike brief aan president Cyril Ramaphosa gestuur waarin hy ‘n dringende vergadering van die president se Koördinerende Raad (PRK) versoek om die veranderinge te bespreek.

“In praktyk beteken dit ons moet gemeentes, konvensiesentrums, stadions en ander ekonomiese spilpunte weer toelaat om op volle kapasiteit te funksioneer terwyl ons voortgaan om die lewe veilig te navigeer. Deur weg te doen met hierdie beperkings, sal ons besighede in staat stel om met volle kapasiteit te funksioneer en te groei,” het hy gesê.

“Inwoners moet toegelaat word om die nodige gedrag te beoefen wat hulle goed ag en wat hulle regdeur die pandemie geleer het, om hulself en diegene rondom hulle te beskerm.”

Winde het gesê hierdie veranderinge kan gemaak word, aangesien daar ‘n voortdurende afname in Covid-19-infeksies, hospitalisasies en sterftes was.

Die duidelikste aanduiding hiervan is dat daar in die Wes-Kaap ‘n afname in ernstige siekte was tydens die huidige heroplewing en die vierde golf, vergeleke met vroeëre golwe van Covid-19, het hy gesê.

Bronne: BusinessTech, The South African

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Seun gevang toe hy bejaarde ma in stukke sny