Die grootste Afrikaanse musiekkonsert, Afrikaans is Groot, is terug en aanhangers kan hul regmaak om weer van die land se bekendes op die verhoog te sien met al die grootste Afrikaans-treffers van die afgelope twee jaar.
“Die wag is verby en dis tyd om huis toe te kom!,” sê Johan Vorster, bemarking- en handelsmerkbesturder van die Coleske-groep en Afrikaans is Groot.
Sangers soos Karlien van Jaarsveld, Ricus Nel en Corlea Botha het die nuus op hul sosialemediablaaie gedeel.



Die geleentheid vind op 4, 5, 6, 11, 12 en 13 November 2022 plaas. Kaartjieverkope open op 26 Julie 2022.
Dis nog nie bekend wie al die kunstenaars is wat by die konsert gaan optree nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



