Ses gemeentelede is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering kaal met 11 kinders betrap is.
Noordwes-polisiewoordvoerder, brigadier Sabata Mokgwabone, het bevestig die ses persone wat naak by ‘n kerk in Sondela in Rustenburg gevind is, Maandag vlugtig in die landdroshof verskyn het.
Mokgwabone het gesê drie mans en drie vroue is Vrydag in hegtenis geneem nadat hulle naak in ‘n huis gevind is wat as kerk gebruik is. Die beskuldigdes is tussen 21 jaar en 85 jaar oud.
Elf kinders tussen die ouderdomme van vier en 12 jaar oud is ook by die kerk gevind. Van die 11 kinders was vyf meisies en ses seuns.
Die enigste persoon wat klere aangehad het, was is ‘n 34-jarige vroulike kerkleier.
Die kinders is uit die huis verwyder en aan maatskaplike werkers oorhandig, waarna hulle uiteindelik onder die sorg van ander familielede geplaas is.
Die saak in die Rustenburg-landdroshof is tot 13 Junie 2022 vir verdere ondersoek uitgestel.
Die ses beskuldigdes staan tereg op aanklagte van crimen injuria en oortreding van Artikel 22 van die Wysigingswet op die Strafwet (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede).
Na bewering is die kerk ook Vrydag gedeeltelik afgebrand deur die kerkleier na ‘n bank en ander items aan die brand gesteek is. Sy is later in hegtenis geneem na sy uit die hospitaal ontslaan is waar sy twee dae vantevore opgeneem is.
Lees meer: https://www.saps.gov.za/newsroom/msspeechdetail.php…
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



