‘n Bestuurder van ‘n VW Golf, wat ‘n klein hoeveelheid dwelms in sy besit gehad het, het paniekbevange geraak toe die polisie probeer het om ‘n roetine-ondersoek op sy voertuig te doen.
In plaas van stop, het Ismail Suleman (29), wat toe in Umgeniweg in Durban se sakekern was, inderhaas weggery.
Dit het op 16 Mei 2021 ‘n hoëspoed-jaagtog tot gevolg gehad, waartydens Suleman deur ses stelle rooi verkeersligte gery het, met ‘n klein konvooi polisievoertuie wat by sy voertuig probeer hou.
Hy is uiteindelik gevang en in hegtenis geneem toe ‘n stukkende voertuig sy vlug op die Higginson-hoofweg in Chatsworth, suid van Durban, belemmer het.
Verlede week het hy sy dade erken en ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan ingevolge artikel 112 (2) van die Strafproseswet in die Durbanse landdroshof.
Hy het tereggestaan op aanklagte van roekelose bestuur en twee aanklagte van dwelmbesit.
Artikel 112-pleidooie word gewoonlik oorweeg wanneer die misdrywe nie van ‘n baie ernstige aard is nie.
Hy het ‘n boete van R20 000 ontvang ten opsigte van die aanklag van roekelose bestuur of 12 maande gevangenisstraf, geheel en al opgeskort vir vyf jaar, op voorwaarde dat hy nie die oortreding herhaal nie.
Vir die besit van dwelms is hy ‘n boete van R3 000 of agt maande gevangenisstraf opgelê. In sy pleitverklaring het hy die onregmatigheid van sy optrede erken.
Hy het erken hy het ander padgebruikers in gevaar gestel.
Bronne: IOL, MSN, Sunday Tribune
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Elon Musk dreig om weg te stap van Twitter-ooreenkoms



